Die DA het die ANC oor die kole gehaal vir die gebruik van die adjunkhoofregter, Mandisa Maya, se foto op ‘n politieke plakkaat.

Die plakkaat beeld Maya uit in haar amptelike konstitusionele hofgewaad, en gaan gepaard met ‘n oproep vir Suid-Afrikaners om vir die ANC te stem.

Die DA sê die ANC se blatante minagting van die onafhanklikheid en geloofwaardigheid van die regbank, is rede tot groot kommer.

Ten spyte daarvan dat die ANC ’n verskoning oor die plakkaat uitgereik het, sê die DA se Glynnis Breytenbach ’n verskoning is nie genoeg, om die skade wat hierdeur veroorsaak is, uit te wis nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×