Die DA handhaaf sy teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, ook bekend as die Bela-wet. Dít ten spyte van ʼn paar wysigings wat deur die Gekose Komitee oor Onderwys en Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur aanvaar is. Die DA se woordvoerder oor onderwys, Delmaine Christians, sê die party bly bekommerd oor die potensiële impak van die Wetsontwerp op skole en gemeenskappe.
Sy sê die DA het veral gepleit vir verhoogde outonomie en bemagtiging vir skoolbeheerliggame en plaaslike gemeenskappe, maar dit het grootliks op dowe ore geval. Christians sê die DA is ontsteld oor die gebrek aan betekenisvolle openbare deelname aan die wetgewende proses en meen dat die wet nie die werklike uitdagings in onderwys in die land aanspreek nie.