Die DA het die LUR vir Onderwys, Tate Makgoe, versoek om in te gryp teen skoolgeweld in die Vrystaat. Hierdie gewelddadige optrede sluit mesgevegte, gewapende roof en verkragtings in klaskamers in. Die party sê die LUR moet sulke voorvalle voorkom en die nodige straf afdwing teen oortreders wat sulke misdade pleeg. Die DA se Mariette Pittaway sê veiligheid in en om skole bly ’n prioriteit vir hulle.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×