Die DA het die polisie gevra om die parlement op hoogte te bring oor aanklagte teen EFF-leiers

 Die DA het die polisie gevra om die parlement op hoogte te bring oor aanklagte teen EFF-leiers

Die DA se hoofsweep, Natasha Mazzone het die polisie gevra om die parlement op hoogte te bring oor die aanklagte wat die party teen die EFF-leiers, Julius Malema en Floyd Shivambu, en Shivambu se broer, Brian ingedien het.

Dit hou verband met die aanklagte wat in November 2018 ingedien is in verband met bewerings dat Malema en die Shivambu-broers onregmatig geld van die VBS Mutual-bank ontvang het.

Brian Shivambu het luidens berigte intussen ‘n geheime ooreenkoms onderteken waarin hy erken dat hy meer as vier en ‘n half miljoen rand van VBS ontvang het.

Mazzone sê die DA verwag dat die polisie se ondersoek bespoedig sal word sodat die EFF-leierskap aanspreeklik gehou kan word vir hulle beweerde betrokkenheid by die plundering van die VBS-bank.

LeandreAdmin@