Die regerende party se kaderontplooiingsdokumentasie sal volgens die DA, nou die lig werp op diegene binne ANC-geledere, wat by staatskaping betrek kan word.

Die DA het ontvangs erken van die dokumente, wat kragtens ‘n bevel van die Konstitusionele Hof, gister oorhandig moes word. Die ANC se appèl-aansoek om die rekords privaat te hou, is vroeër deur die hof van die hand gewys. Die dokumentasie wat verskaf is, dateer terug na 2013, toe president Cyril Ramaphosa voorsitter van die kaderontplooiingskomitee geword het.

Volgens die DA het die komitee met openbare aanstellingsprosesse ingemeng. Die party is van mening dat hierdie beweerde inmenging, juis die weg vir staatskaping gebaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×