Die Demokratiese Alliansie het lukraak 300 poskantore landwyd gebel en minstens 80% van dié wat geskakel is, het nie die foon geantwoord nie.

Volgens Dianne Kohler Barnard, die DA se skaduminister oor kommunikasie, is sy nie verras nie.

Sy het gesê selfs toe hulle probeer het om die hoofkantoor en kliëntedienssentrum te skakel, was albei probeerslae onsuksesvol.

Die Poskantoor het verlede week aangekondig hy is van voornemens om werknemers se werksweek met twee dae te verkort en hul salaris met 40% te besnoei.

Kohler Barnard het gesê die stap sal dienslewering verder verswak.

Slegs sowat 68% van alle pos word tans uiteindelik afgelewer.

Altesaam 146 takke is binne een jaar gesluit en die logistieke vloot is van 1 236 voertuie na 366 voertuie verminder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×