Die DA het ʼn dokumentêr bekend gestel wat die omvang van kaderontplooiing beklemtoon en hoe dit die deur vir korrupsie in die land oopgemaak het.

Volgens die party onthul die dokumentêr hoe diep die verrotting gaan, en hoe endemies korrupsie binne die ANC-geledere is.

Die party se Leon Schreiber sê die program vertel hoe die ANC se kaderontplooiing begin het en hoe die politieke elite dit as ‘n geleentheid gebruik het om hul sakke te voer.

Schreiber sê staatsbeheerde entiteite soos Eskom, Denel, SAL en Transnet is deur kaderontplooiing in die grond in bestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×