Die DA het ‘n petisie begin oor die waterkrisis in die Vrystaat wat ten doel het om die Vrystaatse premier te kry om in te gryp en rekenskap te gee van die munisipaliteite se onvermoë om skoon water te verskaf.

Dit kom ten spyte daarvan dat damme vol is weens die goeie reënseisoen.

Die party sê dat baie mense, ook in Bloemfontein, wateronderbrekings en swak watergehalte ervaar, terwyl ander afstande stap om toegang tot water te kry.

Die DA se Roy Jankielsohn sê dit sal die premier dwing om die kwessies te ondersoek en oplossings te vind om die basiese regte van die mense na te kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×