Die DA het Dinsdag gesê hy het ‘n versoekskrif met meer as tien-duisend handtekeninge aan die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl oorhandig. Dit is deel van die party se veldtog teen ‘n moontlike naamverandering waarvoor minister Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, glo in Maart vanjaar gevra het. Doktor Leon Schreiber, LP en DA-kiesafdelingshoof in Stellenbosch, het in ‘n verklaring gesê die handtekeninge is in die DA se veldtog en by ‘n proteskonsert ingesamel wat verlede maand in die Paarl teen die naamverandering gehou is. Volgens hom is die plan om Afrikaans uit die Taalmonument se naam te verwyder ‘n waansinnige plan wat die monument van alle betekenis sal stroop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×