Die DA het skaars sy nuwe voltydse leier aangekondig, of die amptelike opposisie-party slaan reeds vure dood daaroor

Die DA het skaars sy nuwe voltydse leier aangekondig, of die amptelike opposisie-party slaan reeds vure dood daaroor.

Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille het ten sterkste ontken dat die party deur konserwatiewe elemente gekaap is wat teen regstelling gekant is.

Zille is die naweek tydens die DA se virtuele verkiesingskongres as voorsitter van die federale raad verkies, en John Steenhuisen is as partyleier verkies.

Zille sê hulle het die party herposisioneer as ‘n alternatief vir die ANC, en nie ‘n replika van die regerend party nie.

Luister na potgooie hieronder