Die DA het sy burgemeesterskandidate vir die onderskeie metrogebiede aangekondig

Die DA het sy burgemeesterskandidate in die onderskeie metrogebiede aangekondig.

Politieke partye en onafhanklike kandidate het tot vanmiddag tyd om hul kandidaatlyste vir die komende plaaslike regeringsverkiesing in te handig.

Die DA se kandidate is Nqaba Bhanga vir die hoogsbestrede Nelson Mandelabaai-metro.

Die partyleier, John Steenhuisen, het ook bekendgemaak dat Geordin Hill-Lewis die party se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad is, Randall Williams vir Tshwane, Mpho Phalatse vir Johannesburg en Refiloe Nt’sekhe vir Ekhurhuleni.

Die finale kandidaatlyste sal op 7 September gepubliseer word.

Luister na potgooie hieronder