Die DA het sy hoofsweep in die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat geskors nadat ‘n beweerde stemopname van hom, met rassistiese inhoud, verlede week aan die lig gekom het. Die 33-jarige Steyn Badenhorst, is ‘n prokureur van Virginia, en sy gewese 24-jarige vriendin, Zhané Swanepoel, het glo die beweerde gesprek tussen hulle in 2020 opgeneem. Netwerk24 berig voorts Badenhorst betwis die egtheid van die opname. Swanepoel het gesê Badenhorst het haar glo gereeld van ontrouheid beskuldig en dat die beweerde gesprek met rassistiese verwysing plaasgevind het nadat hy glo ‘n foto van haar en ‘n bruin skoolmaat gesien het. Die DA se federale regskommissie het Badenhorst hangende die uitslag van die ondersoek uit alle party-aktiwiteite geskors.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×