Die DA het sy saak teen die regering oor die Covid-19 inentingsveldtog teruggetrek

Die DA het sy saak teen die regering oor die Covid-19 inentingsveldtog teruggetrek.  Volgens die DA is daar geen rede om meer met sy hofsaak teen die regering voort te gaan nadat die Covid-19 inentingsveldtog bekendgestel is nie. Die DA het vroeër die regering hof toe geneem om hom te dwing om ‘n gedetailleerde plan oor die aankope en verspreiding van die entstof beskikbaar te stel. Die party het toe gesê die regering se optrede is irrasioneel en ongrondwetlik. John Steenhuisen, leier van die DA sê hulle sal wel die implementering van die plan noukerig monitor en seker maak dat die regering sy spertye en ander aspekte van die plan nakom.

Die presidensie het intussen die terugtrekking van die DA se saak verwelkom.

Luister na potgooie hieronder