Die DA hou vol dat oudpresident Jacob Zuma Vrydagmiddag om vyfuur terug agter tralies moet wees. Die party se prokureurs het aan die waarnemende nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, geskryf. Die DA sê in die brief die effek van die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak is dat die oudpresident moet terugkeer tronk toe om die res van sy vonnis uit te dien. Die hof sê dit is ‘n saak vir Thobakgale se oorweging.