Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die party het vyf kritieke prioriteite vir
die regering van nasionale eenheid se mediumtermynplan geïdentifiseer.
Dit sluit in die digitalisering van die Departement van Binnelandse Sake, die
sentralisering van regeringsbouprojekte, die bevordering van
werkgeleenthede en die uitbreiding van breëbandinternetoegang.
Steenhuisen sê die topprioriteit is om die skuld tot die bruto binnelandse
produk-verhouding teen die einde van hierdie administrasie tot onder 70-
persent te verminder.
Hy het aan die media gesê dit sal ‘n omvattende
bestedingsoorsig verg, wat regeringsprogramme vir impak sal assesseer.