Die DA in Bloemfontein eis dat metropolisie hoof bedank

Nadat nog ‘n sperdatum vir die inwerkstelling van die Mangaung Metropolisiediens gemis is, eis die DA in Bloemfontein dat die hoof van die metropolisie, Israel Kgamanyane, bedank.

In ‘n verklaring deur DA-raadslid Dirk Kotzé, is die polisiemag, ondanks raadsdokumente wat stel dat die mag teen 24 Augustus op die been moet wees, nogsteeds nie op die been nie.

Netwerk24 berig burgemeesterskomiteelid vir vervoer en veiligheid, Patrick Monyakoane, sê die metropolisie sal nou op 10 September vanjaar bekend gestel word en begin met hulle werk. 

 

Luister na potgooie hieronder