Die DA in die Vrystaat sê hy het drie verslae van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit ten tyde van die mees onlangse raadsvergadering verwerp.

Dié munisipaliteit bedien onder meer Harrismith, Kestell en Phuthaditjhaba.

Die party sê die verslae bevat geen pligtestate waarvolgens die munisipaliteit sy verpligtinge kan aanspreek wat op sy finansiële bestuur van toepassing is nie.

Die DA meen die munisipaliteit se handelinge spreek van finansiële wanbestuur.

Die DA se Moshe Lefuma het gesê die party beplan nou ‘n mosie van wantroue teen die voorsitter van die Munisipale Openbare Rekeninge Komitee, aangesien die DA meen die komitee is die setel van sy beweerde finansiële wanbestuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×