Die DA in die Vrystaat het gesê die agterstand van ortopediese operasies in die provinsie raak al erger.

Pasiënte wag na bewering reeds maande en selfs jare vir operasies.

Die DA se Mariette Pittaway het gesê operasieteaters by die Boitumelo-streekhospitaal funksioneer glo glad nie sedert Mei nie, weens vandalisme.

Pittaway het bygevoeg dat die party ‘n beroep op die menseregtekommissie gedoen het om die chirurgie-agterstande te ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×