Die DA in die Vrystaat is bekommerd oor die gebrek aan vordering met die Woodbridge-besproeiingsprojek wat buite Bloemfotnein in die Thaba-Nchu distrik aan die gang is. Tydens ‘n toesigbesoek aan die projek het die party opgemerk dat kontrakteurs min vordering gemaak het in verhouding tot die geld wat hulle reeds bestee het. Die party sê daar is ‘n bedrag van R37-miljoen aan die projek toegeken. Die DA se Roy Jankielson sê hulle sal voortgaan om hierdie mislukte projekte bloot te lê wat belastingbetalers se geld verorber het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×