Petisie met meer as 700 handtekeninge teen die naamsverandering van Brandfort ingedien

Volgens die DA in die Vrystaat het hy ‘n petisie met meer as 700 handtekeninge teen die naamsverandering van Brandfort na Winnie Mandela ingedien. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa het meer as ‘n maand gelede die naamsverandering in die staatskoerant gepubliseer. ‘n DA raadslid in die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit, Marieta Visser, het aan SAUK gesê die party het tóe reeds ‘n formele aansoek gerig vir toegang tot die dokumente wat sal bewys dat openbare deelname wel plaasgevind het. Sy sê die DA het nog geen reaksie of terugvoer van die minister of sy kantoor gekry nie. Ook nie van die provinsie nie.

Luister na potgooie hieronder