Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het in reaksie op die nuwe politieke party van Ace Magashule, wat sy groot politieke teenstander as Vrystaat premier was, gesê Magashule het ongekende skade aan die Vrystaatse ekonomie berokken en die rol wat hy in staatskaping gespeel het. Jankielsohn het gesê Magashule het dienslewering op provinsiale en munisipale vlak verwoes. Magashule se nalatenskap is die 61% inwoners van die provinsie wat in armoede gedompel is. Magashule word ook in talle staatskaping-sake betrek soos die Vrede-suiwelprojek en die Asbesdak-skandaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×