Die DA in die Vrystaat stel vandag die leier van die opposisie, doktor Roy Jankielsohn,as hulle premierskandidaat voor. Dit is nadat premier Sisi Ntombela uit die pos bedank het. Die party sê Jankielsohn het die nodige ervaring en kwalifikasies om die Vrystaat om te keer. Jankielsohn was van die jaar 2000 tot 2006 ’n parlementslid en is sedert 2006 ’n lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer.