Die DA het kommer uitgespreek oor die hoë koers van koperdiefstal in die land. Volgens die DA was daar die afgelope vier jaar 19-duisend-919 gevalle van koperdiefstal by noodsaaklike infrastruktuur. Die party sê dit dui op die Suid-Afrikaanse Polisiediens se onvermoë om die probleem te hanteer. Die DA se George Michalakis sê diefstal van koperkabels in munisipale infrastruktuur raak dienslewering en benadeel ondernemings wat reeds onder beurtkrag ly. Boonop sê hy die geld wat gebruik is om die kabels te vervang, kan vir ander noodsaaklike dienste in die land gebruik word.
