Die DA het sy kommer uitgespreek oor die regering se onderhandelinge met die Wêreldbank oor ‘n potensiële een-miljard dollar-lening. Die voorgestelde lening is glo bedoel om Suid-Afrika te help om sy energiesektor te hervorm. Volgens die DA gaan die lening die reeds buitensporige 340 miljard rand verhoog wat in Februarie se begroting opsy gesit is vir die land se skuld. Die party het gesê dit laat ernstige vrae ontstaan oor die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se stabilisering van staatskuld. Die DA se Dion George het gesê die toekenning van bykomende fondse sal net meer korrupsie en nepotisme binne die ANC-regering aanwakker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×