Die DA het kommer uitgespreek oor die vertragings met die Koeberg-kragstasie se lewensverlengingsprojek. Eskom het aanvanklik in Desember verlede jaar aangekondig dat die opknappingswerk vir elk van die twee eenhede by die kragstasie vyf maande sal duur. Ten spyte van Koeberg se bedryfslisensie wat in Julie volgende jaar verval, het die DA gesê Eskom het steeds nie daarin geslaag om sy lewensduur te verleng nie. Volgens die party sal daar van Eskom verwag word om die aanlegte se twee reaktors te sluit indien die projek nie teen die Julie-sperdatum voltooi is nie. Die DA se Kevin Mileham het gesê dit sal Suid-Afrika in ‘n groter beurtkrag-krisis dompel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×