Die DA sê hy wil hê die Departement van Gesondheid moet aandag gee aan die tekort aan noodsaaklike medikasie in die land. Die DA het skriftelike vrae aan die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, ingedien oor die onbeskikbaarheid van geelkoors-entstof en ander mediese voorrade. Die party sê die departement moet ophou om COVID-19 te blameer vir die agterstand en tekort aan medikasie. Die DA se Michele Clarke sê ‘n dringende plan is nodig om te verseker dat daar aan die tekort aandag gegee word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×