Die DA is besig om regsadvies in te win oor moontlike stappe teen die minister van Hoër Onderwys, doktor Blade Nzimande.

Dít oor die nuwe definisie oor inheemse tale, wat volgens die DA steeds Afrikaans uitsluit.

Die minister se woordvoerder, Ishmael Mnisi, hou egter vol dat die nuwe definisie in die taalbeleidsraamwerk vir hoëronderwysintsellings wel Afrikaans insluit en nie net vir Khoi- en San-tale geld nie.

Die DA se Leon Schreiber sê dit is baie duidelik dat die nuwe definisie inderwaarheid ʼn skuiwergat laat vir die uitsluiting van Afrikaans.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×