Die DA is meer as warm onder die kraag, nadat die ANC die Patriotic Alliance by die regering van nasionele eenheid verwelkom het, sonder om die DA in die saak te ken. Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, sê aan Netwerk24, ingevolge die RNE-ooreenkoms, moet die ANC met die DA beraadslaag alvorens enige party ingesluit word.
Volgens Zille moet die ANC besef dat hy die verkiesing verloor het, en dat hy nie meer alleen besluite kan neem nie. Sy sê die DA sal ook nie ‘n kruk vir die ANC wees om net aan te gaan soos in die verlede nie.