Die Nasionale Studente Hulpfonds, NSFAS, het erken dat sy antwoorde op vrae van die DA onvolledig kan wees. Die DA sê hy is nie tevrede met die antwoorde wat hy van senior bestuurders van NSFAS, gekry het nie. Die vrae handel oor studenteverblyf, aansoeke wat van die hand gewys is, uitstaande betalings en die beraamde tekort van een komma een miljard rand. Die DA het Maandag die NSFAS-kantore in Kaapstad op kort kennisgewing besoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×