Die leier van die DA, John Steenhuisen, is ontevrede met die SAUK se besluit om die partye se nuutste advertensie te verbied.Die omstrede advertensie wys die Suid-Afrikaanse vlag wat brand en het skerp kritiek uit alle oorde ontvang. Steenhuisen sê egter die feit dat die nasionale uitsaaier nie die advertensie wil wys nie is ʼn aanval op die vryheid van Suid-Afrikaners.Hy het gister in Diepkloof in Soweto gepraat en gesê die party se regsverteenwoordigers het reeds opdrag gekry om die besluit te betwis.Steenhuisen sê die ANC beskuldig nou die DA van hoogverraad, maar dit is werklikheid die ANC wat van hoogverraad teen die mense van die land aangekla behoort te word.
45 Comments
Comments are closed.