Die DA in die Vrystaat is verheug om te sien dat hul voorstelle oor tariefverlagings in die Nala Plaaslike Munisipaliteit, wat Bothaville insluit, se begroting aanvaar is. Die elektrisiteitstarief in ooreenstemming met inflasie het ‘n verlaging van drie-komma-ses persent verseker. Dit kom nadat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika ‘n verhoging van 15-komma-een persent goedgekeur het in vergelyking met die aanvanklike 18-komma-sewe persent. Die DA sê inisiatiewe moet daarop gemik wees om ‘n invorderingskoers van minstens 60 persent te handhaaf en kostebeperkingsmaatreëls te implementeer. Die DA se David Ross sê hulle beoog om die begrotingstekort aan te spreek en inkomste-invordering in Nala te verbeter.
