Die pad na SA se nuwe eenheidsregering lê besaai met ANC / DA-gesprekke wat dikwels kookpunt bereik het. Netwerk24 berig by monde van professor Theo Venter, dat die DA tevrede kan wees met sy ministers- en adjunkministersposte. Venter, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit Johannesburg, sê die DA kon daarin slaag om sekere strategiese poste te vul.

DA-leier, John Steenhuisen, is minister van landbou, en doktor Leon Schreiber word minister van binnelandse sake. Daar is ook plek gemaak vir doktor Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, as minister van korrektiewe dienste, en vir Gayton McKenzie van die PA, as minister van sport, kuns en kultuur. Mzwanele Nyhontso van die PAC is die minister van grondhervorming en landelike aangeleenthede. Venter sê dit sal interessant wees om die wisselwerking tussen hom en Steenhuisen dop te hou.

Aldus president Cyril Ramaphosa sou dit nie haalbaar wees om die aantal kabinetportefeuljes te verminder nie, aangesien daar plek vir al die lede van die RNE gemaak moes word. As gevolg hiervan sal sekere ministeries nou deur twee adjunkministers gedien word. Een voorbeeld is Senzo Mchunu se portefeulje. Mchunu is as nuwe minister van polisie aangestel, om die uittredende Bheki Cele te vervang. Polly Boshielo en Cassel Mathale dien albei as onderminister in hierdie portefeulje.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×