Die DA het die ANC gekap omdat hulle die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, of Sassa, as ‘n politieke veldtog-instrument gebruik. Dit is nadat die ANC ‘n plakkaat met ‘n Sassa-kaart vrygestel het wat gesê het die party sal die kwesbaarstes in die samelewing beskerm. Volgens die DA was dit ’n duidelike poging om die ANC te assosieer met die belangrike maatskaplike sekerheidsdienste wat deur Sassa verskaf word. Die party sê dit kom kort nadat die ANC om verskoning gevra het vir die onvanpaste gebruik van die adjunkhoofregter se beeld op ‘n soortgelyke manier. Die DA se Bridget Masango sê die ANC se herhaalde pogings om staatsentiteite vir politieke veldtogte te koöpteer dui op ‘n diepliggende desperaatheid binne die party om kiesers te behou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×