Hoewel die DA se interne ondersoek na bewerings van rassisme teen Renaldo Gouws onderweg is, het die party vir Gouws aangestel as adjunkwoordvoerder vir twee parlementêre portefeuljes.
Die beweerde rassisme het daartoe gelei dat Gouws,’n DA-LP, hangende die interne ondersoek geskors is. Voorts het die DA Abdulkarder Elyas
genomineer om in die Suid-Afrikaanse plaaslike regering te dien. Elyas word ondersoek omdat hy na bewering sy kwalifikasies vervals het.