Die DA sê Eskom het chronies onbevoeg geraak om genoeg krag op te wek om in die vraag te voorsien. Dit volg op die kragvoorsiener se aankondiging hierdie week dat fase 3-beurtkrag tot verdere kennisgewing in plek sal wees. Volgens die DA is die onbepaalde implementering van fase 3 ‘n bewys dat die Energie-aksieplan kwaai misluk het.

Die party kritiseer die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en sê hy het eerder toesig gehou oor die vinnige afname van die Energiebeskikbaarheidsfaktor sedert sy aanstelling. Die DA se Samantha Graham-Mare het bygevoeg die land loop die risiko om in energie-armoede vas te sit as nuwe bronne van opwekkingskapasiteit nie binnekort aanlyn gebring word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×