Die DA-leier, John Steenhuisen, het Sondag aangekondig dat hy in Lwif in Oekraïne aangekom het om sélf die situasie te ondersoek in dié land wat al meer as twee maande lank deur die Russiese weermag onder beleg is. Netwerk24 berig Steenhuisen het gesê Suid-Afrika durf nie voorgee dat die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne niks met ons te doen het nie. Die uitkring-effek van hierdie oorlog op ons eie brandstof-, mielie-, kookolie- en kunsmispryse gaan diep strek in die sakke van arm Suid-Afrikaners wat reeds nie die mas kan opkom nie. Volgens hom is hierdie besoek die enigste manier om in die huidige era van fopnuus en propaganda, wérklik uit te vind presies wat in Oekraïne aan die gang is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×