Die DA-leier, John Steenhuisen, het vanoggend tydens ‘n besoek aan RosestadFM gesê dit is duidelik dat die ANC regering sy rug gedraai het op die landswette en die grondwet deur Zuma kwyt te skel van sy tronkstraf. Die regering het Zuma, soos dit wil voorkom, deur ‘n nuwe beleid vrygelaat waartydens duisende gevangenis in die tronk ook nou dalk vrygelaat gaan word deur sogenaamde oorvol tronke. Oud-president Jacob Zuma was Vrydagoggend vir twee ure terug in die tronk maar is weer vrygelaat. Die departement van korrektiewe dienste het bevestig hy was om ses-uur by die Estcourt-gevangenis om administratiewe prosesse af te handel. Dit sluit ‘n spesiale proses in en hy is weer vrygelaat. Die rede hiervoor is dat Zuma nie ‘n hoë risiko misdadiger is nie asook tronke wat oorvol is. Die besluit vir Zuma se kwytskelding om die res van sy tronkstraf uit te dien nadat hy in 2021 op mediese parool vrygelaat is, is deur president Cyril Ramaphosa gedoen. 

error: Inhoud is beskerm !!