Die leier van die DA, John Steenhuisen, gister tydens sy party se laaste byeenkoms voor stemdag gesê die DA was nog nooit so groot, sterk en divers soos nou nie. Hy het gesê nasionale stemdag 2024 sal die mees deurslaggewende verkiesing sedert 1994 wees. Steenhuisen het gesê hy is seker die ANC sal Woensdag vir die eerste keer in 30-jaar sy volstrekte meerderheid verloor.

Steenhuisen, wat in Benoni gepraat het, het tydens ‘n karnaval-atmosfeer in die Willowmore-krieketstadion onder meer klem gelê op die verlamming wat korrupsie op die land het. Hy het gesê die ANC probeer met truuks soos die wet op nasionale gesondheidsversekering om kiesers om die bos te lei. Hy het gesê die Wes-Kaap is ‘n goeie voorbeeld hoe goeie basiese gesondheidsorg lyk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×