Die DA-leier, John Steenhuisen, het gister sy eerste plakkate in Johannesburg se middestad opgesit om mense aan te moedig om te registreer om te stem vir 2024 se verkiesing. Die DA se slagspreuk is “ registreer om Suid-Afrika te red”. Steenhuisen het gesê as Suid-Afrikaners nie volgende jaar gaan stem nie, gaan die ANC aan bewind bly. Om nie te stem nie is ‘n mosie van vertroue in die status quo en beteken mense is tevrede met werkloosheid waarin die helfte van die land werkloos is, mense is tevrede met beurtkrag en korrupsie wat die mense van die land van geleenthede beroof. Burgers het die mag om die land te red van beurtkrag, misdaad en strate wat in die stede ontplof, het hy gesê.
