Die DA-leier, John Steenhuisen, het in ‘n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gevra om Julius Malema vir die sing van Kill The Boer te veroordeel ter wille van die vreedsame bestaan van verskillende groepe in die land. Deur dit te doen, kom die president sy amps-eed na wat hy in 2019 aan die land se mense gedoen het. Steenhuisen het gesê dis nie die eerste keer dat Malema mense oproep tot ‘n burgeroorlog en spanning veroorsaak nie. Die land loop die risiko om vernietig te word as haat aanmoedig word. Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, het Steenhuisen gesê.
