Die DA sê Bheki Cele versuim om kwesbare groepe te beskerm

Volgens die DA beklemtoon die jongste misdaadstatistiek oor seksuele geweld en plaasaanvalle, Bheki Cele, die minister van Polisie, se versuim om kwesbare groepe te beskerm. Die tweede kwartaal se misdaadsyfers is gister bekendgemaak. Die DA se woordvoerder oor Polisie, Andrew Whitfield, sê Cele het probeer om ‘n paar misdaadstatistieke goed te praat deur die Covid-19-inperking daarvoor te blameer. Whitfield sê die voorkoms van geweldsmisdaad is egter steeds skokkend en buitengewoon hoog. Die moordsyfer het met 66,2%  gestyg teenoor dieselfde tydperk verlede jaar en kontakmisdade is 60,6% hoër as in die tweede kwartaal verlede jaar.

Luister na potgooie hieronder