Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hy hom nie aan korrupsie steur nie.

Dit volg nadat die ANC gister téén die Wetsontwerp op die Ontplooiing van Kaders gestem het.

Die DA se Leon Schreiber sê die ANC het teen die wetsontwerp gestem, ondanks die Zondo-kommissie se bevinding dat kaderontplooiing die grondslag vir staatskaping gelê het.

Volgens Schreiber wys dit die ANC stel nie daarin belang om korrupsie hok te slaan nie.

Intussen beur die ANC voort met litigasie teen die openbaarmaking van sy rekords oor beweerde kaderontplooiing.

Die party verlaat hom nou op die konstitusionele hof om ‘n besluit oor die beskikbaarstelling van die rekords te neem.

Dit beteken die ANC appelleer nou na die hof wat deur hoofregter Raymond Zondo gelei word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×