Die DA het gesê die ANC het Suid-Afrika se deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, in gevaar gestel. Dit is nadat verlede week se Agoa-forum afgesluit is sonder enige sekerheid of die land se deelname verleng gaan word. Die byeenkoms het van Donderdag tot Saterdag in Johannesburg plaasgevind. Volgens die DA het die ANC die ooreenkoms in gedrang gebring toe hulle gekies het om hulle by Rusland te skaar in sy oorlog met Oekraïne. Boonop het die DA se Dion George gesê verskeie lede van die Amerikaanse kongres het hul kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se verbintenis met Iran. Hy sê van hierdie lede het selfs voorheen versoek dat die forum na ‘n ander land verskuif word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×