Die DA sê die ANC-regering is besig om die teikens wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan, of NOP, uiteengesit is, te mis. Dit is nadat die Nasionale Beplanningskommissie Dinsdag ‘n tienjaaroorsig van die NOP vrygestel het. Volgens die oorsig het Suid-Afrika nie daarin geslaag om die 14-persent-werkloosheidsteiken wat vir 2020 gestel is te haal nie, met werkloosheid wat tans op 42-persent staan. Daarbenewens is die land besig om die bruto binnelandse produk se groeikoersdoelwit van vyf-komma-vier persent wat vir 2030 gestel is te mis, met die huidige koers wat gemiddeld ongeveer een persent is. Die DA se Zak Mbhele sê hierdie mislukkings is ‘n gevolg van die ANC se korrupsie- en teen-groeibeleid.
