Die DA sê die bespreking Maandag tussen president Cyril Ramaphosa en hoofregter Raymond Zondo oor wanneer die laaste twee dele van die Zondo-verslag vrygestel gaan word, is onbehoorlik en diep oneties. Die DA meen daar is inmenging omdat almal weet dat Ramaphosa self voor die Zondo-kommissie verskyn het. Die presidensie het bewerings dat Ramaphosa met die regbank inmeng oor die finale staatskapingsverslag weerlê. Dit sê die finale verslag sal na verwagting Woensdag aan president Ramaphosa oorhandig word. Presidensiewoordvoerder Vincent Magwenya sê kommunikasie tussen die president en die hoofregter was om te verseker dat die finale verslag binnekort oorhandig word. Die finale verslag moes teen 15 Junie reeds aan die president oorhandig word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×