Die DA sê die hoër-as-inflasie aanpassings in die minimumloon sal lei tot verdere werksverliese

Die DA sê die hoër-as-inflasie aanpassings in die minimumloon sal lei tot verdere werksverliese.

Die nasionale minimumloon is met 4,5% verhoog, terwyl die minimumlone vir huis- en plaaswerkers onderskeidelik met 23% en 16% aangepas is.

Michael Cardo, die DA se woordvoerder oor indiensneming en arbeid, sê dit is veral die huiswerkersektor wat swaar getref is deur Covid-19 en talle werkgewers sukkel om hul huiswerkers te behou.

Cardo sê dat navorsing toon dat groot voorgeskrewe loonverhogings in die landbousektor tot omvattende werkverliese lei.

Luister na potgooie hieronder