Die DA sê die polisievuurwapens wat tussen April 2021 en Julie verlede jaar gesteel is, het bendes magtige klein weermagte gemaak. Dit kom nadat die minister van Polisie, Bheki Cele, onthul het dat eenduisend-725 amptelike polisievuurwapens oor die afgelope twee en ‘n half jaar gesteel is. Dit beteken dat 61 vuurwapens elke maand gesteel is. Die party het ook kommer uitgespreek dat die toenemende getalle die polisie se onvermoë toon om die neiging te stuit. Die DA se Okkie Terblanche het gesê hy sal verdere vrae aan die minister voorlê oor die bygewerkte syfers en hoeveel polisievuurwapens met geweldsmisdade verbind is. Rosestad Nuus het vroeër die week berig dat 41 wapens sedert die 2019-boekjaar tot einde verlede jaar by die weermag gesteel is. Die VF Plus leier, Pieter Groenewald, het gesê dis kommerwekkend dat 33 hiervan R4 en R1 aanvalsgewere is. Bykans 3000 patrone is ook gesteel. Slegs vyf weermaglede is aangekla. 18 handwapens is by korrektiewe dienste gesteel. Groenewald het oor die sake gesê dit is opvallend hoe lig die strawwe is.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×