Die DA trek die departement van minerale bronne en energie se verbintenis tot die land se mynboubedryf in twyfel. Die party sê, ondanks minister Gwede Mantashe, se verbintenis in Februarie, om mynbou in Suid-Afrika te laat herleef, is diensvlakooreenkomste met die gekose maatskappye steeds nie onderteken nie.
James Lorimer van die DA meen die vertraging wek kommer oor regeringsdeursigtigheid en -doeltreffendheid, wat beleggingsmoontlikhede in die land se mynboubedryf kniehalter.