Die DA sê die Vrystaatse department van gesondheid sloer met die oprigting van ‘n veldhospitaal

 Die DA sê die Vrystaatse department van gesondheid sloer met die oprigting van ‘n veldhospitaal

Die DA se woordvoerder oor gesondheid en lid van die van die wetgewer in die Vrystaat, Mariette Pittaway, sê die Vrystaatse department van gesondheid sloer met die oprigting van ‘n veldhospitaal vir Covid 19 pasiënte in Bloemfontein.

Netwerk24 berig Pittaway sê die department wil nou eers kontrakteurs aanstel.

Sy sê die sloerdey kom ondanks die R92 miljoen wat die nasionale regering vir die Vrystaat bewillig het vir die oprigting van ‘n veldhospitaal.

Die hoofde van die Department van gesondheid meen die R92 miljoen is onvoldoende.

Dr. David Motau, hoof van die department het daarop gesê hy sloer nie met die oprigting van die veldhospitaal in Bloemfontein nie, maar is eintlik vêr voor as na die modelle van die voorkoms en verspreiding van die siekte in die Vrystaat gekyk word.

LeandreAdmin@