Dit is van opperse nasionale belang om uiters dringend debat te voer oor die prys van elektrisiteit. Dit aldus die DA, wat ‘n dringende beroep op Thoko Didiza, speaker van die Nasionale Vergadering doen om ‘n debat hieroor so gou moontlik werklikheid te maak.
Die versoek volg nadat die Nasionale Energiereguleerder erken het hy het ‘n berekeningsfout gemaak vir die 2021/2022-geldjaar.
Die gevolg hiervan is dat Nersa nou aan Eskom toestemming gee om ‘n addisionele R8 miljard van die verbruiker te verhaal. Dit kom neer op ‘n tariefverhoging van 4%. Hierdie styging is bo en behalwe aanstaande jaar se verwagte verhoging van 36,15.